92 km-roete (keuringswedren vir die 2012 Cape Argus Pick n Pay-fietstoer)

  • Fietsryers sal hul eerste klim van die dag teen die historiese Ou Helshoogtepas teëkom, vanwaar hulle deur Pniel in die rigting van Paarl ry.
  • Wanneer hulle die R101 bereik, draai fietsryers regs en hou aan met Cecelia en Arboretum Rylane na die R301 rigting Wellington.
  • Na die afdraai links op die R44, sal ryers hul laaste heuwels van die dag klim voor hulle na die eindpunt in Stellenbosch terugkeer.
 Klik op die kaart vir ‘n groter weergawe.

44 km-roete

  • Fietsryers volg die 92km-roete teen die Ou Helshoogtepas uit en ry dan deur Pniel en afwaarts met die R45.
  • Die twee roetes skei by die R45 Simondium Pad, waar die 44km roete links draai na die R44.
  • Die twee roetes sluit weer op die R44 bymekaar aan, sowat 15km voor die eindpunt in Stellenbosch.

Klik op die kaart vir ‘n groter weergawe.