Programregistrasie het gesluit.  Kom loer weer in om ons deelnemers te ontmoet en hulle vordering te volg.

Was dit nog altyd jou droom om aan ‘n ikoniese wedren soos die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer deel te neem, maar is jy skrikkerig om daardie eerste stap te neem?

ONS KAN JOU HELP!

Registreer vir Die Burger-beginner-trap-klub en ons sal jou help om vir jou eerste fietstoer voor te berei.

Hierdie program is ‘n inisiatief van Die Burger en word deur Cycle Lab ondersteun, en sal jou al die ondersteuning bied wat jy nodig het – van basiese vaardigheidswerkswinkels tot oefenritte – om aan Die Burger-fietstoer se 44 km-roete deel te kan neem.

BRING NET JOU FIETS EN VALHELM!

 

Wat kry jy?

  • Bekendstelling Aan Fietsry sessie wat hulp met fietsverstellings en raad m.b.t. die regte kleredrag, gesondheid en voorbereiding sal insluit.
  • ‘n Ondersteunde vaardigheidswerkswinkel wat jou basiese ry- en meganiese vaardighede sal leer.
  • Twee ondersteunde oefensessies.
  • Toegewyde ondersteuning op die 44 km-roete by Die Burger-fietstoer.
  • Spesiale bymekaarkompunt by die eindpunt, aangebied deur Die Burger.
  • Nuusbrief met al die inligting wat jy nodig het om vir Die Burger-fietstoer voor te berei.
  • PLUS: As jy Die Burger-fietstoer se 44 km-roete suksesvol voltooi sal jy verseker wees van ‘n inskrywing vir die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer in 2012, en jou 44 km-resultate sal in ag geneem word tydens die keuringsproses.

 

Die Skedule

Reëls:
1. Die program word tot 100 fietsryers beperk.

2. Die program word by Cycle Lab Westlake aangebied en jy moet  al die sessies kan bywoon.

3. Jy moet ‘n fiets en valhelm besit of toegang daartoe hê.

4. Jy moet geen fietsrenresultate voor September 2011 hê nie.

5. Jy moet die reëls van Die Burger-fietstoer aanvaar.